I am sorry if you cannot understand afrikaans, but today's post have to be in afrikaans. I feel lonely and miss everything that meant so much to me.
Vandag het ek heimwee, heimwee oor dinge wat lankal gebeur het. Dinge waaroor ek geen kontrole oor gehad het nie... Ek mis my land en my mense.
Moenie my verkeerd verstaan nie, die tweede kans wat hier vir my en die kinders gegun is is wonderlik en ek neem dit nie vanselfsprekend aan vir een oomblik nie.
Maar vanoggend is ek hartseer as ek nie afrikaans op my radio kan luister oppad werk toe nie (my SA cd's is almel gekrap van oor en oor luister)
Ek is hartseer oor ek nie vir die verpleegster kan se "Goeie More" nie.
Ek is harsteer vanoggend oor die patiente wat hier inkom nie 'n benul het van my pyn nie. Maar dan gebeur iets wonderliks. Ek hoor agter my "More Lizelle" dis die Suid Afrikaanse doktor wat hier werk..... Dit voel of ek hom wil oorval en druk, maar besef nie hy of sy vrou sal dit dalk waardeer nie (hahaha)
Dan raak ek hartseer as ek my kinders hoor praat soos 'n kiwi... Die afrikaans is nog baie goed, maar na die tweede ry van afrikaans slaan hulle maar oor engels toe... Dit maak my hart seer as ons by skool byeenkomste sing "God of Nations" en ek besef hulle sal nooit "Uit die blou van onse hemel" leer of sing nie erger nog hul sal nie dieselfde emosies ervaar as die springbokke uit volle bors "Khosi" sing nie....
Ek besef vandag het ek net heimwee na die goeie. Want dan sien ek hoe my 6 & 7 jarige op hulle fietse parkie toe ry (alleen) en hulle lag. As ons na die publieke parke toe gaan is daar letterlik 100de kinders en ouers. En ek vrees nie vir een oomblik my kinders se lewe tussen al die 100de mense nie, daar is nie gedreun van musiek tussen die kinders en ouers nie maar kinders se lag en skater is die musiek. Mense loop hand aan hand..... almal is ontspanne.... en ek dink terug aan toe ek 'n kind was toe ons nog na parke toe kon gaan. En ek besef weereens hoe geseend is ons om hier te kan wees.
Ek weet ek vang sommer 'n depro vandag, more voel ek weer beter....
Dit was net lekker om vandag weer in my eie taal te kon tik en te kon dink....
Liefde vanuit NZ
Lizelle